Toesig en struktuur
'n Vaste ritme wat help om by die werk te bly.
Hoe 'n dag by Jakaranda Akademie lyk.
Leerders by Jakaranda Akademie volg die MOS-tuisskool program. Die program self bly die ouer se keuse en verantwoordelikheid — ons voorsien die omgewing, struktuur en ondersteuning waarin die leerder daardie werk doen.
Leerders moet onafhanklik kan werk. Ons plaas nie 'n onderwyser voor 'n klas nie; ons plaas ondersteuning binne bereik.
Tye is 'n riglyn en kan aangepas word volgens die leerder se program.
'n Vaste ritme wat help om by die werk te bly.
Iemand om te vra wanneer 'n konsep nie sin maak nie.
'n Rustige, toegeruste omgewing weg van huis se afleidings.
Maats wat dieselfde pad stap.
Groei. Geloof. Gemeenskap. Kontak ons om 'n besoek te reël of meer uit te vind.